News

Hydra Arc SA Rhinos vaar goed in Dallas Harlequins 7s toernooi

In News on

Hydra Arc SA Rhinos vaar goed in Dallas Harlequins 7s toernooi

Die Hydra Arc SA Rhinos het onlangs teruggekeer na hulle deel geneem het aan die internationale Dallas Harlequins Toernooi in Dallas, Texas 15 – 16 Julie.

Die jong manne was vol moed en hoop in ‘n bloedige warm Dallas met temperature so hoog soos 40 grade Celsius.

Nie eers die snikhete kon die Rhinos Junior span terughou op die eerste dag van die toernooi nie, hulle het al hulle wedstryde gewen. Katy (VSA) 65 – 0, Quins (Dallas, gashere) 54 – 0 & All Stars (RSA gemeng) 21 – 7

Dag twee van die toernooi was ‘n spanningsvolle dag, en ook aansienlik warmer. Terwyl die Rhinos die Lewisville Tigers (VSA) 21 – 0 gewen het, het hulle verloor teen die RSA All Stars, verlede jaar se wenners, in die halfeindstryd. Die eindtelling was 28 – 21. Die Rhino Juniors het finaal derde geeindig.

Uitblinkers was Omar Rodriguez wat elf driee aangeteken het, terwyl Marcel Redelinghuis tien gedruk het. Jaco Goosen and Divan De Klerk (Kaptein en Onderkaptein) se verdedigingswerk was van uistekende gehalte.

Spelers kon die amerikaanse kultuur en besienswaardighede geniet terwyl Universiteit verteenwoordigers met van die seuns gepraat het. Daar is moontlike beurse vir van die spelers.

Die hoofborg, Hydra Arc, was verteenwoordig deur ‘n paar luidrigte en entoesiastiese ondersteuners wat permanent langs die veld was om die spelers aan te moedig en ondersteun.  Hydra Arc het ook hulle dank en trots uitgespreek teenoor al die spelers.