News

Hydra Arc / Sasol Rugbyspan: 7’s provinsiale wenners

In News on

Hydra Arc / Sasol Rugbyspan: 7’s provinsiale wenners!

Die Hydra Arc / Sasol Rugbyspan het die afgelope naweek, Saterdag 18 Februarie, aan beide die Hoëveld en Puma 7’s toernooie deelgeneem.

Die eerste span het albei die toernooie gewen en is as die Mpumalanga provinsiale wenners aangewys.

Die wenspan is Lourens Basson, Theuns Kruger, Zwerie Evers (kaptein) en Shaun en Steven Jacobs. Agter is Willa Martin, Jannie van der Merwe, Ruan van der Colff, Werries Joubert , Pieter (Stretch) Streicher, Christiaan Wessels en Berty Visser.

Lees die volle Ridge Times artikel hier. Sien ook The Bulletin artikel hier.

Van Hydra Arc, ‘n hartelike geluk aan al die spanne wat deelgeneem het en ook aan die eerste span met hulle uitmuntende spel. Ons wens Lourens Basson ‘n spoedige herstel toe.